Een van ons groot
seuns is huis toe gestuur en ons is hartseer.
Ons het ook ’n verjaarsdag gehad
en daar is nog 2 in die kommende week. Die gewone dinge hou ons besig en
ons begin voorbereidings tref vir die vakansie van die kinders wat 14 November
begin asook vir Kersfees.
Ons het ’n
besoeker van Slovakia wat vir die kinders T-hemde gebring het en vir hulle
gekleurde kleremerkers gegee het om dit
mee te versier. Sy het vir hulle Jesaia 49:16 gegee en vertel dat hulle name in
Jesus se hande geskryf is en dat Hy hulle elkeen ken en alles van hulle weet.
Hulle moes hul hande saam met die teks gedeelte op die hemde sit. Dit lyk of
dit nogal ’n impak op hulle gemaak het. Die groot seuns is nie so gewillig om
hulle name in hul hand afdrukke te skryf nie. Foto's is op facebook.
Ons was Saterdagoggend
na ’n Amerikanse ‘garage sale’ toe by
die wonings van die mense van die Amerikaanse ambassade. Was nogal interresant
om te sien wat hulle uitgooi. Ons het ’n klompie DVD ’s vir die kinders teen R30-00 gekoop.
Sowat van sekuriteit is nie oral te kry nie. Daarvandaan is ons na die nuwe
Builders Warehouse in Matola. Dit lyk net soos die winkels in SA maar hulle het
’n bietjie deurmekaar geraak waar hulle is, onderandere die elektriese proppe
SA se 3 punt proppe en nie Mosambiek se 2 punt proppe nie. Dis was egter ’n
winsgewende uitstapie want ons kon daar toerusting vir die sentrum kry wat baie
goedkoper is as op ander plekke. Daarna is ons see toe waar ons ’n laat
middagete by ons gewone restaurant langs die see geniet het.
Terwyl ons nog
wag vir ons kos, word ons verwittig dat een kind met ’n bynes gekaring het en
dat die bye almal aanval. Na ons vir die hoof educator gesĂȘ het om die kinders
in hulle dorms toe te maak en die bye uit te los, hulle sal self tot rus kom,
het hulle steeds ’n vuur langs die boom gaan maak (waaroor ons verwittig is dat
dit buite beheer geraak het) wat die bye verder kwaad gemaak het. Ons het so ’n
uur of wat later by die sentrum opgedaag met die verwagting dat die keniso
(rietafskortings) van die sentrum afgebrand sal wees met bye oral, maar alles
was rustig met geen by insig behalwe by die nes nie en materiaal, wat vir die
vuur gebruik is, wat nog rook langs die boom. Slegs ’n klompie kinders het
bysteke opgedoen en met geen erenstige nagevolge nie. Interresant die kinders
vertel jou baie bye het hulle gesteek, maar as jy vra waar die steek plekke is
kan hulle net een of twee wys, of glad nie. Iets steek een se voet in die sand
en toe kry die bye ook daarvoor die skuld, ’n dag later.
Sondag is ons in
die kerk hier en die kinders moes ’n bietjie vasgevat word. Hulle gesels en
loop uit net wanneer hulle wil. Ons het ‘n lekker Sondagmiddag rus in gepas.
Gebedsversoeke:
Dit gaan beter
met die man wat gebrand het, hy het Maandag veloorplantingsoperasie gehad op
beide arms en vel is van sy bobene geneem, die dokters was nie heeltemal
tevrede met die wonde aan sy arms nie. Bid asseblief vir verdere geneesing en
beskerming teen infeksie.
Bid asseblief ook
vir die kinders wat wanneer die vakansietyd aanbreek, huis toe gestuur sal word
en ook vir die wat nog met aanpassing sukkel.
Bid asseblief ook
vir skerming teen malaria, dis reenseisoen en daar is dus meer muskiete.