Die week is
bedrywig met al die normale goed, kinders aandag gee, klere sorteer en ons begin
reg maak vir kinderdag. Ons het twee keer se gaan Suid Afrika toe as daar dinge
aangekoop moet word. Dus is ons besig om te kyk wat beskikbaar is en wat gekoop
moet word.
Donderdag word
ons ingelig dat twee seuns in ons dorm, ’n groote en ’n kleintjie ,
teruggeplaas gaan word na familie.
Saterdag is ons
huweliksherdenking, ons ploeter stad toe deur modderige ompaaie wat stiller is,
die ander paaie het stil gestaan, geen beweging nie, want dit is die einde van
die maand. Ons het baie reën gehad vandaar die modderpaaie. Ons gaan eet by die
restaurant waar ons al voorheen geëet het en waar jy hoog bo die see oor die
see uitkyk. Later die middag gaan loop ons in Spar rond en koop ’n paar goed.
Die teerpad terug huis toe is steeds stadig weens verkeer, al is dit al 4uur.
Terug was Petrus eers die Kia. Saterdagaand braai ons vleis saam met die 2 SA
meisies wat nou hier by ons is. Hulle het maar gesukkel met die aanpas maar dit
gaan beter.
Sondag is ons
weer Motala se kerk toe en waardeer die goeie preek.
So 2 weke gelede
verneem ons, insluitende die bestuurders, dat hier ’n konferensie is. In Afrika
tradisie is daar geen idee hoeveel mense die konferensie gaan bywoon nie, 100
of 1000 of meer. Daar moet slaapplek en kos gegee word, nogal moeilik as jy nie
weet vir hoeveel mense nie. Die groot nuus is dat Rolland en Heidi ook hier
gaan wees.
Gebedsversoeke:
Bid asseblief vir
die konferensie, dat alles goed sal verloop.
Vir die kinders
wat na hul families toe moet gaan, dat die aanpassing goed sal gaan en dat
hulle gelukkig en goed versorg sal word.
Vir samewerking
van die personeel met die sendelinge.
Vir die kinders,
siekes en gesondes en vir beskerming teen veral malaria, voorkoms het baie
verhoog.
Vir ons vir
geduld met die kinders en die taal-aanleerdery
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking