Maandagaand by
die ‘Business Meeting’ kry Clare en ons sjokolade vir die versiering van die
kerk.
Dinsdag was die maandelikse aankope van voorraad vir
die ‘Nursery’. Dis nogal uitputtend en jy het baie geduld nodig, dis Afrika en
als word op Afrika-tyd gedoen.
Woensdagaand kry
ons koud en trek vir die eerstekeer ’n warmding aan. By ‘Home Group’ word daar
afskeid geneem van Ma Nellie, daar word dankie gesê en trane gestort. Hulle bid
vir Ma Nellie en vir ons. Sien die foto’s onder. Daar was ’n lekker koek en
Petrus het lekker ge-eet, soos altyd, ook ’n doggybag huis toe. Die groepfoto
wys omtrend al die sendelinge hier, daar is net 5 van jonger meisies nie op die foto nie: een het
die foto geneem, twee is vir ’n tydperk huis toe, een het besoekers rond geneem
en een het saam met haar ma en pa vakansie gehou. Die swartetjie is een van die
groter kinders hier wat die tolk was vir twee Brasilianers wat nie Engels
magtig is nie.
Donderdag is dit
steeds koud die oggend maar later begin die son bak en dit word warm. Die
kinders kyk DVD
die middag en so 3 uur val ons in die pad Marloth toe met ’n lang lys van goed
wat ons vir almal in Nelspruit moet kry, John en Clare is weer saam want hulle
moet deur die grens om hulle visa vereistes na te kom.
Vrydag-oggend is
Alta se stem weg en ons kan dit nie vind nie en dit op ons 32ste
huweliksherdenkking. Ons val in die pad Nelspruit toe, spandeer ’n uur by ’n
materiaal winkel sonder om baie te kan wys, jaag na die oor-mense om Ma Nellie
se nuwe gehoorapperaat te kry wat ’n verder 1¼ vat, daarna die eerste mall waar
ons eet, kos koop en van die goed wat op die lys is, ’n goeie 3 ure. Daarna na
die volgende mall waar ons vir Louis Koster (’n klompie van julle sal hom ken)
raakloop en lekker gesels, ’n verdere uur. Daarna na die derde mall waar daar
so ‘n bietjie vergeet word om als te doen (en dit sal natuurlik juis die
moeilike sendeling se goed wees, wat vergeet word) want ons val vas in CUM . 4 uur jaag ons terug middestad toe na
die krale winkel vir Clare waar sy tot 5 uur deurbring en die winkel leeg koop.
Ons keer terug Marloth toe met ’n lys waarvan daar nog baie nie afgehandel is
nie. (Sorry dit is maar so en dit sal moet wag tot iemand weer Nelspruit toe
gaan).
Saterdag is Alta
se stem terug maar sy het koors en is ons Komatiepoort toe vir pille en vleis,
ons het ’n slaghuis gevind waar die vleis en biltong goed en redelik goedkoop
is (veral in vergelyking met Mosambiek, biltong kos R330/kg teenoor R168/kg in
SA). Saterdagaand gee Clare vir ons 'n pakkie, wat sy vir ons gekoop het Vrydag by CUM, as dankie dat ons hulle rondry en ook vir ons huweliksherdenking. Sy het iets in Afrikaans gesoek en besluit op Angus Bucham sonder om vir iemand daar te vra om vir haar dit te vertaal na Engels sodat sy weet wat sy koop, wel dit was toe 'Woorde van Wysheid vir jou Pa' Ons het almal lekker daaroor gelag, maar Petrus gebruik dit.
Sondag is ons
weer AGS kerk toe in Komatiepoort en John en Clare
is saam. Die pastoor wend ’n goeie poging aan om ook Engels in sy preek te
gebruik om die Engelssprekendes te akkommodeer. Ons het ’n punt daarvan gemaak
om elke keer Komatipoort toe, dieselfde pad te ry sodat Ma Nellie dit kan leer
en ons los haar op Marloth, sy is baie gelukkig, Sondagmiddag met die opdrag
dat sy die afstandbeheer van die alarm en haar telefoon die heeltyd saam haar
moet dra. Dit gaan vinnig by die grens, so ver so dat aan Mosambiek kant vra
Petrus die doeanebeampte om die voertuig deur te gaan en hy besluit hy sit te
lekker en vra net watter voertuig is ons s’n, wat nogal amper tot teen die dak
gelaai was, praat iets in Portugees waarop Petrus sê hy verstaan nie en die ou
teken die dokument en ons is weg. Alta is nog steeds siek en die aand is ons
kliniek toe waar sy getoets is vir malaria, wat negatief is, deur ’n
verpleegster wat glad nie Engels kan praat of verstaan nie.
’n Storie van vasbyt: Hier daag ’n Switzerse familie op, wat ’n voertuig
gehuur het in SA (Landrover) om deur Mosambiek te toer. Hulle stop hier by
Zimpeto vir ’n paar dae, want hulle ken een van die sendelingpare wat ’n uitreikpunt het naby Marracuene, Dinsdagoggend wil hulle saam, met hulle gehuurde voertuig, Marracuene
toe gaan, hulle het net tot buite die hek gevorder en daar het die Landrover
geen ratte nie (die vermoede is dat hulle 4 wiel wou gebruik by die hek en die
koppeling het iewers weggeraak in die aandrywing gedeelte tussen hoë- en
laeaandrywing. Ons sleep hulle terug tot in die voertuigpark. Iris se
werktuigkundige is seker hy kan dit regmaak, maar die verhuringsmaatskappy wil
eers met die werktuigkundige praat en daar is ’n taal probleem. Later stuur
hulle 'n plaaslike maatskappy om die voertuig te kom haal en hulle laat weet dat hulle ’n
ander voertuig stuur en ’n ratkas vir die gebreekte een. Twee dae later is
hulle hier weg met die nuwe voertuig op die res van hulle toer, net om die naweek
verder noord in Mosambiek te gaan staan met die voertuig wat net een rat het, nl. 5de.
Die maatskappy stuur glo weer vir hulle ’n ander voertuig van Johannesburg af.
Dit is goeie diens van ’n maatskappy wat voertuie verhuur, maar wie se voertuie in
’n swak toestand is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking