Maandag die
skoolvakansie is verby en ons kry meer gedoen, soos om aan die gordyne te werk.
Ons doen nou Portugese lesse op’n hoor en sien sisteem en nie praat nie. Dit
beteken ons bou ’n woordeskat op soos ’n baba voordat die begin praat.
Maandag-middag/aand ry ons Marloth toe. Petrus het nie rekening gehou dat die
Kia se lisensie einde April verval nie en Mosambiek se verkeersbeamptes sal nie
verstaan van 21 dae grasie nie. Ons het beplan om 4 uur te ry maar ’n probleem
by die babas hou ons hier en ons kom eers 5 uur weg in spitsverkeer. By die
grens was dit net 10 minute en totale reistyd 2 en ’n halfuur aan 100km.
Dinsdag word daar
voertuiglisensie hernu. Shangaan Bybels word afgelaai vir Iris naby Komatipoort
en daarna is ons Malelane toe om materiaal, verf en ’n selfoon te koop, ook
alles vir Iris en so ’n paar goed en
middagete vir ons.
Woensdag-oggend
stop ons eers in Komatipoort om uiteindelik ’n posbus te kry en daarna terug
Zimpeto toe. Woensdagaand lei die Brasiliaanse pastoortjie die ‘Home Groep’ en sy
skroef ons op om nie bang te wees of moed op te gee nie, maar slegs een tree
op’n slag te neem in ons groei in Christus.
Donderdag is Alta
alleen met die kinders. Hulle is heel rustig, hul was redelik besig gehou met
goed waar Alta nie nodig is om by te wees nie en het die boodskap gou gesnap
dat hulle hul moet gedra en dat die gordyne moet klaar kom.
Vrydag-middag is
ons vinnig winkels toe, net die nodige gekry en toe terug.
Saterdag-oggend
sit Petrus en John die gordynhangers in die nuwe gebedskamer op, maar Alta is
nog besig met die gordyne, 2 van die dogters help ook met die maak en dit
vorder bietjie vinniger. Die gebedskamer is reeds Vrydag ingebruik geneem en
wanneer die mense daar gaan bid, loer die kinders deur die vensters, dus is die
druk vir die gordyne hoog. Saterdagaand begin ons met ‘n program vir hoofsaaklik
die enkellopende sendelinge wat eensaam is. Die idee is dat wie ook al lus is
en geselskap soek welkom is. Ses daag op en ons begin later Jingles met Uno
(waar jy blokkies uit moet terk en dan weer bo-op moet plaas) speel en dit wil
voorkom of almal dit geniet het.
Sondag ons gaan
na ’n Engelse kerk (Assemblies of God) saam met ander mense van die basis.
Wonderlik om weer ’n diens te hoor wat pitkos gee en wat ons kan verstaan.
Ons het nog ’n
paar kinders wat ’n bid-ma of -pa nodig het, laat weet asseblief as jy graag
vir een kan bid. Ons stuur dan meer spesifieke inligting en die kind se
agtergrond. Dit werk, ons sien die verskil in die waarvoor gebid word.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking