Hier het nogal
heelwat gebeur by die sentrum in die tyd wat ons weg was. Daar was nog ’n huweliks-seremonie vir Fiona en Vovoti.
Hoe dit gewerk het, is dat die eerste was die proses by die Registrateur in
Engeland, daarna ’n Christelike seremonie in ’n kerk die volgende dag en laaste
’n seremonie hier in Mosambiek vir familie en vriende in ’n Mosambiekse /
Christelike styl. Die aand terwyl hul besig was om die kerk te versier vir die
troue het iemand kom sê dat die skool
brand, dit was toe die personeelkamer. Dit was chaos almal het deur die
vensters geloer om die vlamme te sien en na die slot oopgebreek is het almal
ingestroom en probeer die vlamme blus, geen waarskuwings om terug te staan of
dat dit gevaarlik is, het gehelp nie. Die vlamme is geblus en die skade is tot
die een kamer beperk. Twee besoekers het besluit om die skade te herstel en het
’n hoëdrukspuit en kompressor met spuitverf-toerusting gekoop om die werk te
doen (dis nou vir die sentrum gegee), hulle het alles skoongemaak en geverf en
al wat oorbly is om die gebrande dakbalke te versterk.
Die hele week was
almal besig met voorbereidings vir kinderdag wat op 1 Junie is.
Op Maandagaand se
sendelingvergadering praat ons vroulike leier belas met kindersake oor die
stand van en tipe kinders waarmee ons werk. Sy stuur vir ons ’n aantal se
geskiedenisse wat kort tevore ingeneem is. (sien onder). Dit haal ons weer uit
die groef / veilige area waarin ons mettertyd beland en laat ons duidelik besef
hoekom ons hierheen gestuur is.
Woensdagaand sê
ons totsiens vir drie van die sendelingkollegas, 2 verskuif na ’n ander sentrum
en een gaan terug huis toe. Ons hou hul afskeid by ’n Indiese restaurant in die
stad. Ons het almal met die bus (of Chapa beter bekend in MZ) gery en natuurlik
soos gewoonlik raserig. By die restaurant, erg Moslem, het ons gekuier, sonder
alkohol, gebid en dit was baie duidelik dat ons Christene is. Die eienaars het
ons ooglopend ongelukig/ontevrede dopgehou maar kon niks doen aan die saak nie.
Donderdagaand is
dit weer kerk vir die kinders en Pastoor Nico vertel ons van ’n dogter ±12 jaar
oud wat met hom kom praat het oor drome wat sy kry. Hy laat haar die diens lei
wat sy toe ook baie goed doen, met haar teksgedeelte, die verlore seun. Sy weef
haar eie lewe en wedervaringe in die boodskap in. Haar pa het weggeloop en haar
ma is dood, haar tannie wat na haar sou kyk, het haar as baba hier by Iris kom
aflaai. Haar familie het haar vergeet maar God het nie en al spot die klasmaats
met haar hou sy vas daaraan dat sy Sy prinses is. Sy sluit af dat sy uitsien
dat haar pa na haar toe gaan terugkom en dit alles sit almal aan die huil. Die
Vrydagoggend is daar ’n gebedsessie in die bidkamer en daar is ook
Donderdagaand tydens die diens gesê dat sendeling, besoekers en kinders almal
welkom is. Almal was verbaas oor die hoeveelheid kinders wat opgedaag het. Dit
lyk of dit nou ’n gereelde instelling sal word dat die kinders ook saam sal bid
Vrydagoggende.
Vrydag is dit die
maandelikse aankope vir die baba’s wat die hele dag inbeslag neem.
Saterdag is dit
kinderdag, hierdie dag word elke 1 Junie gehou en ontvang elke kind nuwe klere,
‘n speelding of 2, lekkergoed en ’n middagete met hoender (gewoonlik is die
enigste vleis wat hulle kry net vis). Daar word baie moeite gedoen om dit vir
die kinders ’n spesiale dag te maak. Daar is foto’s hieronder.
Dit was ook
Petrus se verjaarsdag, ons spannetjie kom vir hom sing vroegoggend en later word hy saam met die drie kinders
wat verjaar voorentoe geroep in die eetsaal waar daar vir hulle gesing word. Na
alles Saterdag afgehandel is het hy darem verder ’n rustige dag gehad.
Sondag het ons
soos gewoonlik kerk en nagmaal (dit is die 1ste Sondag van die
maand). Hier kan die kinders ook nagmaal gebruik en dit is opmerklik hoeveel
kinders weier nagmaal wat beteken hulle neem dit ernstig op. Die metode is om die
brood, wat klaar gebreek is, in die druiwesap druk en dan dit eet. Dit word
alles na jou toe gebring en party maal het daar stukkies brood in die druiwesap
geval.
Weer is daar
gelukwense vir verjaarsdae en word Petrus en die drie kinders weer geluk gewens
en ook die wat die Sondag en Maandag verjaar. Jy moet op ’n stoel of bankie
gaan sit waar daar vir jou gebid word en daarna word jy met stoel of bankie
skouerhoog opgetel en die res sing vir jou terwyl jy op en af gewieg word,
redelik skrikwekkend.
Sondagaand hou
ons braaivleis en vier Petrus en Vella (’n mede sendeling vanaf Engeland) se
verjaarsdae, Petrus 1 Junie en Vella 3 Junie.
Die verhale hierbo genoem:
Case 1
The father of these two children abandoned them for another
woman. The mother doesn’t have a job, and the house she now lives in was lent
to her by the owner of the house. The owners now need the house. The mother has
a brother who lives in Khongolotti who accepts for her to come and live in his
house, however he does not accept the two children. The team registered the
children with the mother present (110mts).
Case 2
This 6 year old girl is
seropositive, lives in Guava with her mother in a borrowed house.
The father rejects both the
mother and the child as they are both sick (?HIV+). Although he has a job he
gives the money to another woman and does not support his first wife or his
daughter. The visit was made to the house of the tia in Maxaquene as the mother
does not have a fixed address. On admission the girl was severely malnourished
her weight less than -3 z score. She was commenced on a dietary regime and has
had numerous investigations for other illnesses.
Case 3
The father came to ask for help
because he has no job and his wife (28years) is very sick. (HIV+, TB and a
known heart condition), this mum has only just started on ARVs. She is in and
out for hospital. The grandmother has been looking after the boys but she
doesn’t have time to help. She lives in Sao de Marceo. The boys are 2 1/2 years
and 5 years old.
Case 4
The father’s story:
The father came and asked for
help to take these children into the centre. The mother died about 1 year ago
and he finds the children difficult to deal with. They do not go to school and
the older brother encourages the younger ones to run away. The younger boy is
HIV +.
The story as told by the
neighbours and confirmed by the chefe of the quaterao:
The reason they run away is
because the madrasta mal treats them the oldest boy won’t leave the little ones
so he runs away together with them to protect them.
The father lives with another
woman (madrasta) however she doesn’t care for these children. They live in a
different small room with nothing in it, they don’t eat with the family and
they are given food that is different to the other family members. Sometimes
they are given chicken food to eat.
The madrasta is known by both the
police and social welfare because of her poor treatment of the boys. She was on
TV because she had burnt the oldest boy with a hot piece of metal, the
neighbours took her to the police and reported it to the TV. The madrasta was
sent to the esquadra (lock up cell) for 3 days for the mal treatment of the
children however the father offered to do the 3 days for her so he went to jail
for her.
Foto's
Alta se baba-spannetjie |
Ons spannetjie het dieselfde kleur hemde aan en staan |
Gedekte taffels |
Verjaarsdagmaatjies |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking