Ons het nou ook
die 12 groot seuns (12 en 20) in die camerada, waar ons groep kleiner seuns is,
gekry om na die praktiese sy om te sien. Dit beteken die hele camerada is nou
ons verantwoordelikheid, wat insluit instandhouding van gebou en kinders en
handhawing van dissipline. Die dissipline het ook reeds na vore gekom met een
seun wat gehok is om saans die sentrum te verlaat omdat hy een aand dronk
teruggekom het sentrum toe. Vrydagaand was hy en drie ander uit en het reg
langs ons verby gestap, van die hek af. Hierdie moet Maandag hanteer word. Dus
soos julle kan sien ons het nou nog meer julle gebede nodig vir wysheid en
geduld met die hantering van die groot seuns ook.
Dinsdagoggend het
ons gehoor dat die ‘educator’ van ons camerada wat siek in die hospitaal was,
dood is, dis vir almal ’n groot skok, hy was by almal bekend en geliefd.
Woensdagaand by
Home Group bid ons spesifiek vir die 2 dogters wat siek is, een (16 jarige) was
’n maand lank in die hospitaal met diabetes wat nie stabliseer nie en die ander
een is ’n dogtertjie van 5jr wat 2 weke in die hospitaal was, effens beter was
en wat nou weer baie siek is, dit lyk of sy dalk breinvlies ontsteking het,
maar ook TB. Sy is so pragtig, terwyl sy so siek is, het sy nog steeds ’n
glimlaggie vir almal, dis die een wat in die hospitaal vir die ander kinders
van Jesus vertel het.
Donderdagmiddag
gaan meeste kinders, tia’s, ‘educators’, sendelinge en personeel begrafnis toe.
Dit werk hier so; almal gaan graf toe en die diens word ook daar gehou langs
die graf. Dan kan almal wat wil na die lyk gaan kyk en party het ook parfuum
gespuit. Daarna word die kis laat sak en toe gegooi. Deur-en-tyd sing en bid
almal rondom die graf. Die begrafplaas is nie soos ons dit ken nie. Dit is
redelik verwaarloos en die grafte is nie in eweredige reguit rye nie, party sit
skuins en dit lyk deurmekaar. Die grafte word gebou met sementstene en
geplyster. Party is al oud en die sement gebreek. Sommiges het teëls op en
ander is beplant met struike en selfs spekbome. Ons kon nie naby kom nie en na
die einde se kant toe het dit liggies begin reën en ons het ook net die
voertuie gehaal voor dit harder begin reent het. Donderdagaand val daar weer reën,
so 10mm en Vrydagoggend is alles skoon
en lente in die lug.
Vrydagaand gaan
ons by een van die sendeling na ‘n ‘bunco
bash’ toe, dis pret en party is skoon stuitig en ons lag baie. Elkeen wat daar
was gaan huistoe met ‘n ‘prys’.
Saterdag is nie
een van ons aan diens nie en ons hou ons skaars. Sorteer ’n paar goed uit en
maak skoon ensovoorts. Die middag het die seuntjies kom DVD kyk.
Sondagoggend is ons
kerk toe in die sentrum, daar is ’n groep Indiër-sendelinge van ’n sendinggroep
(kan nie naam onthou nie) in Durban, dit het vreemd gevoel om Indiërs te sien
wat Christene is (die Indiërs waarmee ons te doen gekry het in SA is almal
moslems), hulle het ook ’n paar geestelike liedjies vir ons gesing. Die diens
is dit weer in drie tale en die vrou wat voorgaan het ’n skerp stem wat saam
met die volume van die klankstelsel jou totaal doof maak en die Engelse tolk
kan ook nie gehoor word nie. So na ’n rukkie het ons moed opgegee en met seer
ore en hoofpyn het ons maar geloop.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking