Dit is die week
van Kersfees. Sondag is daar geskenke aan almal gegee wat in die kerk was en in
die gemeenskap woon. Maandag word daar ook ’n ete gegee vir 100 kinders van
Hulene.
Maandag doen ons wat
gedoen moet word en kry alles wat nodig is in Komatipoort. Ons arriveer so 1
uur by die grens en gaan vinnig deur SA-kant, in Mosambiek-kant sukkel ons met
parkeerplek en die tou is redelik lank maar ons is so na 30 minute deur en
oppad. Van die mense wat ons by die grens raakloop sê dit is baie stil by die
grens in vergelyking met die vorige jare. Hier in Mosambiek is die winkels en verkeer net so besig kort
voor Kersfees soos in SA.
Dinsdagmiddag
bedien ons, sendelinge, die sentrum se personeel met middagete waarna hulle
huistoe is, behalwe die wat aandiens is. Dinsdagaand is daar opvoerings en sing
ons ‘carols’ in die kerk en daar word afgesluit met ‘carols at candle light’
wat ons laat bontstaan met die kleintjies om te kyk dat hulle nie mekaar aan
die brandsteek nie. Dinsdagaand is al die sendelinge uitgenooi na die
sentrumbestuuders se huis vir verversings waar elkeen ’n geskenk ontvang.
Woensdagoggend,
Kersfees, die sentrum bestuurders gaan van camarata na camarata en wens almal
geseënde Kersfees en deel van die geskenke pakkies uit aan die kinders. Ons is
weer die laaste op die program. Die kinders raak verveeld met die wag en dis baaaie
warm en dit is ’n taak om almal bymekaar te hou. Nadat almal hul geskenke gekry
het, eet almal weer in die eetsaal saam. Kersaand het die sendelinge, en die
drie besoekers, ’n ete saam waar elkeen iets gemaak het vir die ete. Daarna was
dit die geskenk uitruil storie. Dit het so gewerk, elkeen moes ’n geskenk van
so R100.00 bring. Ons het elkeen ’n nommer gekry en dan kry elkeen ’n beurt om
’n geskenk te gaan kies. Die reël is, as jy aan een geraak het moet jy daardie
geskenk neem en voor almal oopmaak. Jy hoef nie ’n geskenk te vat op die tafel
nie, jy kan ook ’n geskenk neem by iemand wat reeds ’n geskenk gevat het, as jy
dit graag wil hê. Nadat ’n geskenk vir die derde keer ’n nuwe eienaar het, is
dit gevries, dan kan dit nie weer “gesteel” word nie. Daardie persoon kan dan
weer ’n geskenk gaan haal by iemand of van die tafel af. Dit veroorsaak nogal
snaakse kommentare en aanbiedinge as iemand nie het wat hy wil hê nie, en
iemand probeer oorhaal om sy geskenk te “steel”.
Donderdag is ons
besig om gereed te maak vir die 8 kinders wat oorskuif na ons camarata, die
volgende dag is die groot dag. Die kinders wat oorkom is tog te gretig en bly
om ons draai. Ons reël vir 3uur, maar daar daag ’n kerk groep op wat die
kinders kom bederf met eetgoed, speelgoed en ’n opvoering en dit skuif alles
aan tot na hulle weg is. Hulle is goed bederf deur die groep en kry toe nog
springmielies en koeldrank as afskeid voordat hulle oor beweeg na camarata 4. Daar
word hulle met ’n handeboog en singery verwelkom en kry nog chippies voordat
hulle vir hul ’n bed kan kies. Daarna is dit tyd vir aandete en dis hul eerste
ervaring om saam met die ander in die eetsaal te eet. Dit lyk of alles goed
verloop en hulle het ’n rustige nag.
Dit is ook
Catherine se laaste aand en haar ma-hulle is hier om haar te kom haal en ons
braai die aand saam. Saterdagoggend kom groet hulle en ry terug Suid –Afrika
toe.
|
Optreedes Dinsdagaand |
|
Carols by candle light |
|
Uitdeel van presente in dorm |
|
Ete Kersaand |
|
Besoek deur 'n kerk en opvoerings |
|
Skenkings deur die kerk |
|
Intrek van nuwe kinders |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking