Maandag en
Dinsdag doen ons al die aankope vir almal in Zimpeto wat iets uit Nelspruit
benodig. Woensdag trek ons ons kruisies en ry terug Maputo toe. Die kinders kom
almal vir ’n drukkie toe hulle agterkom ons is terug.
By Home Group
Woensdag aand kyk ons na dramafliek wat handel oor Grace en ons kry elkeen ’n
stuk oor Grace en Forgiveness wat gelees moet word.
Gedurende die
week kom laai ’n pa en stiefma ‘n kind by die sentrum af en verdwyn. Die kind
is 4 jaar oud, weeg 10kg, gebreekte arm en vol letsels, daar word ook vermoed
dat een been en ribbebene ook gebreek is. Dit is hartseer om te sien, maar dan weer
kry ons gratis en goeie behandeling by die privaat hospitaal vir hom.
Waterpokkies het
ook kop uitgesteek hier in die sentrum.
Terwyl ons in
Nelspruit was, het ons ’n DVD gekoop met die naam, ‘Love, Sex and Dating’ met
die oog daarop om dit met die groot seuns te hanteer. Sondagaand draai hulle in
die huis rond en kom op die DVD af, dit het hulle nuuskierig gemaak en wil nou
net dit sien. Ons moet egter die educator eers daarna laat kyk want hy gaan die
vertaling moet doen.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking