Ons sê totsiens
aan ons SA besoekers wat na 3 weke terug gaan huis toe, hulle het baie gehelp
met die seuns en die camerata. Daar is egter ’n moontlikheid dat hulle binne
die volgende paar maande dalk langtermyn hier gaan wees saam met ons.
Die jong paartjie
wat op Bella Vista gewerk het is nou ook permanent hier en hulle help ook met
die camarata. Jenna hanteer berading want sy praat Shangaan vlot en Theo het
die rekenaarnetwerk oor geneem. Saam met hulle, ons, Gaby en die ander paartjie
wat moontlik kom, gaan die Suid Afrikaners die meeste van een nasionaliteit
wees, so ons mag dalk die meeste word, maar nou is die Aussies nog die meeste.
Alta is besig met
gordyne vir die ‘pastors’ se kantore. Ook is die vrou wat die die
naaldwerkkamer begin het hier en dit is bedrywig. En die camerata hou haar
voltyds besig. Een van ons eerste groep kleinseuntjies was in die hospitaal vir
’n week met longontsteking. Twee ander was ook uit die skool vir ’n paar dae,
een met maagkrampe en naarheid en die ander
een het geval en sy lip stukkend gebyt in die proses, hy het steke binne-in sy
mond gekry en nog ’n sny aan die bo-kant ook. Hy was ’n paar dae erg ongemaklik
met ’n renosterlip.
Petrus het begin
om die geboue se elektrisiteit en die elektriese netwerk deur te gaan, maar met
die werks-etiek hier gaan dit ’n geruime tyd neem.
Ons het ’n
winderige week gehad met ’n buie of 2 reën wat die temperatuur leefbaar hou.
Een van die
sentrum se voertuie is verlede Vrydag in die stad gesteel, nogal die beste 4x4 dubbelkajuit
wat ons gehad het.
Woensdag was die
nasionale verkiesing en sover gaan dit nog rustig hier om ons, maar volgens
nuusberigte gaan dit nie so goed meer na die noorde toe nie. Finale uitslae sal
glo eers 2 weke na die verkiesing beskikbaar wees.
Gebedsversoeke:
Bid asseblief vir
die kinders wat siek is, veral vir die wat se immunstelsels nie so maklik by
hou nie. Bid asseblief vir die een wat indie hospitaal was en een vandie ouer
seuns sukkel ook met sy gesondheid. Klein Kenssane se gesondheid is ook op en
af, al sedert Februarie.
Bid vir die
dogterjie wat elke 8 weke geopereer moet
word vir poliepe wat op haar stembande groei.
Bid ook vir die
man wat gebrand het, dit gaan al beter met hom, maar daar is nog ’n paar maande
wat voorlê voordat hy heeltemal gesond sal wees.