Dis ’n bedrywige
week met besoekers wat help in die camerata met geroeste vensterrame afskuur en
verf.
Kinders maak goed
in die naaldwerk projek en dit word in die winkel verkoop. Dis maandeinde en
die berekeninge moet gedoen word, sodat die kinders hul wins kan kry. Ook is
die vrou wat vantevore die naaldwerk projek behartig het, hier vir 3 maande.
Daar is ’n klomp goed wat aandag moet kry en pryse moet aangepas word.
Die kinders se
klere moet ook uitgesorteer word, en daar is goeie donasies en ons moet sommige
stoor en kersfees goed moet begin om georden te word.
Een van die groot
seuns het ons die week besig gehou, hy het ’n kleiner seun by die skool geklap
dat die vingermerke op sy gesig gelê het. Hy is gestraf deur op sy bed te wees
na skool en hy moes saam met ’n persoon werk oor sy agressie. Hy was glad nie
lus vir die sakie nie, maar ons het vasgestaan en hy het bly kla.
Een van die groot
seuns is terug na se ouerhuis, so ons het nou net 6 groot seuns oor in die
dorm.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking