Die pastore het
nuwe kantore en het gordyne nodig. Ons het Maandag en Dinsdag probeer om in die
dorp te kom om materiaal vir die gordyne te gaan koop, maar telkens was daar ’n
probleem wat uitgesorteer moes word. Ons het eindelik Woensdag dit gedoen
gekry. Nou is dit sny, maak en gordynreëlings
op sit.
Dis al van laas
week af dat die militêre-vliegtuie oefen, eers het ons gedink dis opleiding,
toe besef ons dis al om die stadion en gedink dit het te doen met die
verkiesing. Ons was verkeerd dit was Donderdag Revolutionary Day. Sommige
kinders het vir ’n paar weke gereeld by die stadion gaan oefen en nou weet ons,
dat hulle ook vir die dag geoefen het. Amptelik was die begin 14:00, maar
vliegtuie het al vroeër verby gevlieg. Dit was verskillende soorte vliegtuie
wat verby vlugte gedoen het en almal se ore beproef het. Soldate en kinders het
in die stadion marseer. Die aand was
daar ook vuurwerke.
Die kinders is
moeg van leer en verdwyn na middag-ete en ons sien hulle net as ons hulle loop
en soek om ’n program in die middae te doen. Alta het een dag met een gesit wat
nie goed vaar op skool nie, maar ook nie dom is nie en agtergekom hy is te bang
om die somme te doen omdat hy dit nie so vinnig soos die ander kan doen nie en
nie omdat hy nie by die regte antwoord kan uit kom nie. Dis of hy geen vertroue
in sy vermoëns het nie. Die kinders het individuële aandag so nodig.
Die dogtertjie se
operasie het goed verloop, daar was na 10 weke 70% her groei en hulle het reeds
die datum geboek vir die volgende operasie oor 2 maande. Bid asseblief vir
finansies om die operasies te kan betaal en vir haar sodat sy volkome genees
Bid asseblief ook
vir finansies en geneesing vir die man wat gebrand het, dit vorder, maar dis ’n
lang proses en hy is aie ongemaklik. Die ergste wonde is aan sy arms en op sy
rug, dus sy slaap is nie gemaklik nie. Is daar iewers ’n verpleegster wat ’n
tydjie kan kom help.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking