Die week was
besig met tieners wat hul wil wil afdwing en ’n houding het van ek is groot en
maak soos ek wil. Gordyne hang en maak, klere uit sorteer en sien wat kort en
wat moet gekry word. Ons is besig om die goed wat ons van skenkings ontvang het
uit te sorteer vir Kersfees, soos Kinderdag, is Kersfees die ander groot dag en
almal kry klere en speelgoed op die twee dae. Ons gaan oor ’n week Suid-Afrika
toe vir ’n paar dae, om by die kinders en Ouma te kuier en ook om ons nuwe
kleinkind te verwelkom. Ons het baie T-hemde vir die kleiner seuns, maar min
vir die groter seuns en kort broeke, onderbroeke en kouse is vir almal in groot
aanvraag. Dan is daar ook die gereed maak vir die klompie kleintjies wat ons
van die ander ‘camarata’ gaan ontvang net ’n paar dae na Kersfees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking