Dit is ’n lang tyd sedert ons laas geskryf het, maar
dit was ook baie besig.
Ons was die
naweek van 21-23 November in Middelburg en het ’n paar dinge daar gedoen wat
aandag nodig gehad het en toe ook saam met ’n paar bekendes gekuier en Sondag
weer by ons ou kerk gekuier. Dit was besonders en lekker om op te vang en te
hoor hoe dit met almal gaan. Dankie vir al die goeie wense en gebede, dit dra
ons.
Daarna het ons
ouma opgelaai en gaan kennis maak met ons nuwe kleindogter. Ons is die volgende
oggend Bloemfontein toe, waar ons ‘n week by ons oudste dogter gaan kuier het
en toe terug is na die tweede oudste om weer daar ’n week te kuier. Daarna is
ons terug Middelburg toe om nog sake te gaan afhandel, Nelspruit toe om dinge
daar te gaan doen en toe Marloth toe. Daar het ons skenkings uitgesorteer en
besluit wat kan later gaan en wat nou moet saam terug vir die kinders vir
Kersfees. ’n Paartjie het vir die naweek kom kuier en ons is die Maandag terug
Zimpeto toe. Naby Matola het ’n oorlaaide bakkie met ‘n sleepwa aan ons
linkerkant, tussen die geelstreep en die skouer van die pad by ons probeer
verby steek en ons getref met die sleepwa se wiel. Die skade was nie te erg
nie, maar dit was ’n lang proses om by die polisie en versekering alles gedoen te
kry. Dis ‘n bestuuring dat niemand beseer is nie. Die kar is nog nie reg nie, met
al die vakansiedae in hierdie tyd, sloer dinge maar.
Kersfees was baie
warm en besig, ’n lang dag, met almal spoggerig in hul nuwe klere. Nuwe jaar
het vinnig gevolg en die kinders is vermaak en besig gehou, en die aand is
afgesluit met vuurwerke middernag.
Maandag 5
Januarie het ons die 8 seuntjies van camatata 5 ontvang. Almal baie opgewonde
oor die nuwe bly plek. Sover gaan dit goed en lyk dit of hulle goed inskakel,
hoop en bid dit hou aan. Daar is 2 wat bekend is vir die moeiliheid wat hulle maak. Ons het ook een van die groot
seuns gegroet, wat in die huis, wat sy ma vir hulle agtergelaat het, ingetrek
het. Ons het dus nou ‘n dorm met 23 kleiner seuns en 4 grotes.
Ons is dankbaar
vir talle seeninge en ons pragtige kinders en kleinkinders en die voorreg om
ook hier die hande en voete van Jesus te kan wees en ’n verskil vir hierdie
kinders te kan maak.
Bid asseblief vir
ons in hierdie jaar vir:
Baie geduld en insig wat hierdie kinders betref, en aanleer van die taal,
Die veranderinge en aanpassings vir die wat huis toe gaan of hier moet
inskakel,
Volgehoue finansies om te kan doen wat ons doen en ook vir die finansies
van Iris Global en Zimpeto,
Gesondheid, beskerming teen malaria muskiete en bose magte,
Goeie vordering van die kinders in
die skool en vir die onderwysers om hul beste te lewer,
Dat die wat na die kinders omsien (educators) werklik vir hulle sal omgee.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking