Daar word tans ‘n
probleem ondervind met ‘n tekort aan huisvesting vir sendelinge, veral vir
getroude pare wat aan die toeneem is. Die gebou waarin in huis is, is
heringedeel sodat daar nou 3 pare in kan woon en wat meegebring het dat ons
twee kamers afgestaan het. Dis is nie ‘n probleem nie, ons moet net weer van
opgehoopde rommel ontslae raak en vir die res pakplek soek.
Een van ons
eerste seuns nou so 11 jaar is die kleinste in die groep (‘n meter hoog en 30kg)
maar die vinnigste om sy vuiste te gebruik, het een oggend by die skool buite
die klas met sy maatjies gespeel want die onderwyseres was nie in die klas nie.
‘n Ander onderwyser wat verby gestap het, het hulle glo aangesê om in die klas
in te gaan (dis wat vir ons vertel is, maar nie so seker dit was al nie). Die
knaap het losgetrek en die onderwyser met die vuis bygekom en daarna met ‘n
besemstok. Einde was die onderwyser het by die kliniek geëindig en die knaap
vir ‘n week op sy bed en geen snoepgoed vir ‘n paar dae.
Een van die groot
seuns vra om gedurende die skoolvakansie vir ‘n week te gaan kuier, hy word 2
dae toegestaan maar kom eers 7 dae later terug waarna hy baie kwaad is om hy
tot Februrie volgende jaar gehok is.
Wat ook met
hierdie episode uitgekom het, is dat die kinders nie weet dat daar ‘n rekord
van elkeen bygehou word en dat alles oor hulle in dit bygehou word nie. Hulle
weier om dit te glo en sê ons jok vir hulle.
Dan is daar ook
die tieners (seuns en meisies) met hulle hormone wat graag saam wil kuier en
nie mag nie. So was een van ons seuns in die moeilikheid daaroor.
Na trotsering van
Bloemfontein se minus temperature en ook Guateng se koue kon ons nie wag om na
3 weke weer Marloth en Mosambiek na se hitte te voel nie.
Ons arriveer
terug van SA na ‘n maand se kuier by die kleinkinders (en ook kinders) vroeg
Augustus en loop ons vas in ‘n muskietplaag, honderde van hulle. Enigste
antwoord was die echo vriendelike elektriese-raket, dit het ons voorarm en
rughand goeie oefening gegee, maar ons het gewen en die huis is amper
muskietloos.
Die kinders word
so 2 keer ‘n maand, meestal minder, met die bus uit die sentrum geneem meestal
strand toe. Ons verneem met die tyd dat die ander dorms soms ook na ‘n rivier
toe geneem word. Toe dit weer ons groep se beurt is om uit te gaan vra ons om
ook rivier toe te gaan. Dis ‘n belewenis vir die kinders. Ons eindig toe op by
Maccanetta waar die ferry is. Dis ‘n Saterdag-middag en in die area waar die
ferry vasgemeer word is vol voertuie en mense. Die ongelooflike is dat die bus-bestuurder
daar inry met die bus en toe nog parkeer plek tussen al die voertuie soek. Ons
klim af en bekyk die wȇreld saam met die kinders, daar is baie dinge aan die
gang. Hulle is besig om ‘n brug oor die rivier te bou en die ferry is vol en
trek weg na die oorkant, alles dinge wat die kinders nog nooit beleef het nie.
Ons verduidelik wat alles gebeur en wys hulle ook waar die plaaslike mense
visvang, meestal met ‘n gewone stok of riet en ‘n stuk vislyn.
So kom ek toe nou
agter dat die kinders regtig nie verstaan het wat hulle gesien het nie, wat nog
te sê van die brugkonstruksie wat ons probeer verduidelik het. In die programme
wat ons doen leer ons hul van die aarde, kontinente, oseane, riviere ens. En
dis nou hier wat hul geen begrip het van ‘n rivier nie en dit nadat ons by ‘n
rivier met hulle was nie. Water is deel van die oseaan, nie van riviere en mere
nie! Kry net nie die begrip oorgedra nie.
Een Sondag word
ons deur ons selgroepleiers genooi om gebraaide hoender op Maputo se stand te
gaan eet. Dit is ‘n unieke ondervinding van Mosambiek. Jy kan kies of jy ‘n
heel hoender of halwe een wil hê. Dit word langs jou agter ‘n skerm op ‘n
rooster gebraai en dan saam met slaai en slap-chips voor gesit. Voor jy begin
eet, bring hulle vir jou water waarmee jy jou hande was en daarna val jy weg
met jou hande en eet die hoender wat baie lekker voorberei was. Ons elk het‘n
halwe hoender gehad en moes ‘n groot deel huis toe vat vir later. (Met dank aan
Hendrik en Kittie)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking