Dinsdag was Alta
se verjaardag, wat stil verby gegaan het, maar die kinders het vir haar gesing
en dit was dalk harder as die musiek in die kerk op Sondae. Die Australiese
besoekers het die aand kom inloer.
Woensdagaand is
Home Group weer by ons en Alta begin die Crown geldkursus vir die sendelinge wat
goed ontvang word.
Vrydagoggend bid
ons weer vir die kinders en daar is heelwat van die kinders uit die gemeenskap.
Daar word in die besonder gebid vir kinders wat in Uganda uit hul huise ontvoer
word gedurende die nagte en dan gebruik word as rebelsoldate.
Vrydag sluit die
skool vir 3 maande en ons gaan baie gebed benodig in die tyd vir geduld en
uithou vermoƫ.
Die aand teen
18:30 ontvang ons ’n skenking van 25 ton gekonfiskeerde gebottelde water van
die Mosambiek se doeane. Ons paaie is egter nie goedgenoeg vir so ’n groot
vragmotor nie en die val by die eerste draai vas. Almal val toe maar in om die
vrag af te laai, om die vragmotor ligter te kry en dan moonlik kan uitkom, maar
sonder enige sukses. Daar word hard gewerk tot 23:00. Die uiteinde was dat daar
tot die volgende dag gewag moes word om ’n voertuig te kry om die vragmotor uit
te trek. Ons het ongelukkig Saterdagoggend se operasie gemis, want ons moes
gaste stad toe neem. Die probleem is egter dat ons 25 000 liter verniet gekry
het, maar ons moet van dit ontslae raak en opruim en die sentrum in orde kry, voor ’n besoek van Maputo se Burgermeester op
Woensdag. Dis ’n reuse taak. Kyk na die foto’s onder.
Sondag is ons na
die Afrikaanse Kerk toe en die aand is die vrouens gepamperlang en voor gebid
deur ’n groep vroue vanaf Engeland en die mans het hulleself vermaak met ’n braaivleis.
Daar word baie
gepraat oor die vredesooreenkoms tussen Frelimo en Renamo wat verbreek is, die
Mosambiekers is baie bekommerd daaroor, veral die meegaande geweld. Dit gebeur
alles so 800km noord van ons en met vertroue in God is ons nie bekommerd dat
daar weer ’n volskaalse burgeroorlog sal ontstaan nie. Die munisipale
verkiesings is einde November en ons verwag daar gaan dalk onrustighede sal
wees soos dit maar gaan in alle Afrika lande wanneer daar verkiesings is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking