Hier is ’n
motorwerktuigkundige van Australia en hy begin Maandag met ‘n kursus in motor
herstel. Daar is ’n groot belangstelling vanaf die seuns. Maandagmiddag
probleer hulle ’n bus se ratkas uithaal. Daar is nie ’n put waaroor die
voertuig getrek kan word om dit te doen nie en alles word op die sand gedoen
terwyl jy onder die bus lê. Na ’n groot gesukkel besluit hy om ’n stut te bou
waarop die ratkas rus terwyl dit uitgetrek word uit die engin, waarna dit
vinniger en makliker gaan.
Daar is elke
Dinsdag en Vrydag 07:00 ’n gebedsessie in die Prayer room. Dinsdae is dit vir
die sentrum en Vrydae vir die kinders. Die deure staan gewoonlik groot oop,
sodat enigeen kan inkom en saam bid. Dit bly elke keer ’n ervaaring om te sien
hoe die kinders aankom en die verwagting op hulle gesiggies. Party kom uit
nuuskierigheid, ander omdat hul bietjie aandag wil hê (’n bietjie vasgehou te
word) of om op die stoele te kom sit en die ander om saam te bid. By Vrydag se
sessie is die Prayer room vol met al die kinders, ook kinders uit die
gemeenskap wat hier skool gaan.
Dinsdagmiddag
bring die sentrum leier ’n werker wat aangestel is i.v.m. higiëne en gesondheid
oor na die dorm. Ons is nogal bly, die opvoeders is nie altyd streng genoeg
nie, deels omdat die kinders nie luister en doen wat hul sê nie en hul het nie
regtig ’n manier om dit af te dwing nie. Sy haal goed uit die groot seuns se klerehouers
en onder hul matrasse wat nie herhaal behoort te word nie. Daar is nie een wat
nie in die moeillikheid is oor iets nie en die kinders moes die volgende oggend
klere en beddegoed was. Hulle was nie beïndruk nie. Alta was die hele week
besig met hierdie bedrywighede in die camerada.
Woensdagaand se
Home Group handel oor provekasie en aanstoot gee(neem), ( provoke & offend).
Dis heel interessant en mens besef nie altyd hoe maklik jy aanstoot neem i.v.m.
iets wat nie regtig saak maak nie. Vella wat by ons gebly het terwyl sy siek
was en ook nog nie kon intrek in die huis in die gemeenskap na die inbraak nie,
sê dat Petrus haar ‘provoke but she choose not to be offended’ en dit raak ’n
hele gespottery na die praatjie.
Dit is Vrydag vroeg
al warm en ons vertrek na SA met die wete van ’n weervoorspelling wat sê dat
dit Saterdag bloedig warm sal wees en dat dit selfs meer sal wees wat dit in
Maputo gaan wees, en dit was baie erg! Op die bloedige warm Saterdag vier ons
ook Catherine se verjaarsdag saam met haar ouers wat vir die naweek vanaf
Pretoria gekom het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking