Woensdagoggend sesuur
word die ‘container’ wat ons van Nederland af ontvang het, saam met die
besoekers van die Termei-gemeente in Nederland wat die skenkers was, oopgemaak.
Daar is 4 persone van Nederland, 4 sendelinge en nog 3 besoekers. Dis ’n groot
klomp goed wat daar uitkom. Bokse en bokse klere en lakens en ander goed.
Gelukkig is dit gemerk en kan ons dit sorteer. Beddens en matrasse, ’n
sofa-bank, baba beddens, tafeltjies en stoeltjies, naaldwerkmasjiene, speelgoed
en sakkies met tandepasta, tandeborsel en seep wat oral tussen alles ingepak
is. Ons pak die toiletsakkies in plastieksakke (die moet Donderdagaand in die
kerk uitgedeel word) voordat ons enige iets anders kan by kom. Nadat alles uit
is, begin ons weer terugpak aan dit wat nie onmiddelik gebruik gaan word nie.
Dit voel soos 10 uur toe ons klaar is, maar toe is dit eers 8 uur en ons is nat
gesweet. Die res van die dag word hoofsaaklik gebruik om dit wat nie terug
gepak is nie, op plekke te kry waar dit gebruik kan word of gebêre kan word tot
Kinderdag of tot benodig.
Donderdagaand
word die toiletsakkies en T-hemde in die kerk aan die kinders uitgedeel, foto’s
word geneem en almal is baie opgewonde. Meeste se hemde is te groot en daar is
’n paar te kort, maar oor die algemeen is almal gelukkig.
Donderdagnag
begin dit sag reën en meeste van Vrydag reën dit steeds, met nou en dan ’n
harde buie. Die kinders het ook ‘n ‘sokkertafel’ uit die skenkings ontvang en
die staan in die speelkamer hier by ons huis. Na skool is hier hordes kinders,
ons sit ’n DVD aan en die grootes speel die sokkertafel
terwyl die ander TV kyk. Met tye klink dit vreeslik soos almal opgewonde raak
oor iets. Ons begin ook om te skuif in die huis. Die groot seuns speel tot
amper 10 uur die aand. Saterdagoggend is dit nog bewolk maar dit reën nie. Weer
kyk party TV en die ander speel die sokkertafel. 2 van die seuns speel van
ongeveer 11 uur tot 3 uur die middag voor ons eindelik stilte kry. Saterdagaand
word ons genooi om saam met besoekers ’n DVD van Angus Buchan te kyk. Na DVD deel die mense van Kanada hulle storie
met ons ( sien Facebook) en vertel hoe hulle die DVD en boek by Angus Buchan gekry het. Hulle
doen ook uitreike op hul plaas soos die Mithy Men goed, net kleiner en wou met
Angus kennis maak en hoor toe dat hul stories baie dieselfde is.
Ons het die week
regtig baie seëninge ervaar met die groot donasie. Ons dank aan die gemeente in
Termei Nederland en aan God vir alles wat ons so van Hom ontvang.