Die week begin
met die tia en ‘educator’ wat nie een by die dorm is toe Alta daar kom nie en
dis redelike chaos en almal is laat. Daarby begin ons ook die week met ‘n
kragonderbrekking wat die patroon van die week blyk te wees. (Ons is baie dankbaar
vir die tye wat dit wel aan was en die kragopwekker die volle lading kan
hanteer). Ontbyt was ’n paar oggende laat, die tee was nie betyds reg nie of
die brood het laat opgedaag.
Die klein
seuntjies se klere is deurgegaan en alles wat te klein of fodde is, is
weggeneem. Die skoolklere sage van herstel, korter en kleiner maak duur ook
voort, aangesien almal ook nog nie elk ’n broek en hemp gekry het nie.
Ons bid vir
gesondheid en die herstel van kinders wat siek is en die virus doen nog steeds die
rondte.
Rekenaarvirusse
steek ook hier en daar kop uit en die ‘prayer house ‘ kry gordyne, alles te
midde van 34-36° celsius en humiditeit van tussen 70 en 100%. (nie geweet ‘n
mens kan so baie sweet nie)
Een van die groot
seuns verjaar en sy bestelling is kos, nie koek nie, en hy wil dit self maak. Dus
maak ons Saterdagoggend kos sodat hulle dit die middag kan eet. Dis ’n worsgereg
met allerhande groente, wat alles saam met rys gaar gemaak word. Hulle smul
daaraan, so ’n uur nadat hulle middagete gehad het. Daarna is hulle swembad toe
saam met ’n sendeling.
Ons lees die
afgelope week van oorstomingsvlakke, soort gelyk aan 2000, langs die
Incomatirivier wat deur die Komati- en Krokkodilriviere, vanuit SA wat baie
reen gehad het, gevoed word. Die rivier maak ’n wye draai deur die suidelike
Mosambiek en loop hier naby ons in die see in. Ons wil graag sien as die rivier
in vloed is en die naaste wat ons daaraan kan kom is by Marracuene, 30km noord
van ons. Sondagmiddag suiker ons af Marracuene toe, daar aan gekom sien ons
niks van ’n vloed nie, alles is soos dit altyd was wanneer ons met die veerboot
oorgaan na Macanete Eiland. Die pad wat die rivier volg is laaste gedeelte,
soos 100km, al langs die see af deur vleilande waar ons vermoed die vloedwater
gebuffer is.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking