Die week verloop rustig,
niks uitsonderlik nie. Die kinders bring nog daagliks broeke wat se nate
losgetrek het om regte maak.
Daar is nog
steeds kinders wat die virus opdoen en so lekker voel nie. Daar is ook nog die
dogter wat baie siek is en nog nie beterskap wys nie. Sy het 5 siektes waarvoor
sy behandeling ontvang, en gooi op van elke hoesbui. Met die seun wat se been
gebreek het, gaan dit redelik. Die grootste gevaar is longontsteking en bedsere
waar die gips hom druk en skaaf.
Een van die
sendelinge probeer om die kerkdiens op ’n Donderdag meer kinder-vriendelik te
kry en ook die liedere wat gesing word op die skerm te kry, in 3 tale waar
moontlik. Die pastore kla dat die kinders te raserig is, voordat die diens
begin. Sy het begin om goed van die internet af te trek en voor die diens te
wys om hulle gouer en rustig in die kerk te kry. Donderdagaand Alta oppad kerk
toe is kry sy langs die pad drie wat oor iets stry. Hulle wil nie aanstap kerk
toe nie, sy sê toe, ‘luister’ wys na haar oor en sê DVD en daar laat spander al 3, skoon vergeet
dat hulle in ’n groot stryery was. ’n
Ander een was besig om die eetsaal skoon te maak, toe die eerste goed getoets
word vir die diens, hy het net daar gebly en glad nie terug gegaan nie, net met
afwagting bly kyk.
Bid asseblief vir
ons Camarata, dat alles in die camarata rustig en goed sal verloop. Hier is ’n
paar ding waarvoor meer spesifiek gebid kan word:
Daar is ’n klein
seuntjie wat groot gebou is en dit lyk as of hy in ’n boelie ontaard.
Die groot seuns
is soos regte tieners, rebeleer teen die skoolreëls, soos haar lengtes, skoene,
ens.
Bid asb vir hulle
vordering op skool en vir die met gesondheids problemme. (3 is HIV +, een het ook
TB en kanker).
As daar iemand is
wat ’n seun wil ‘aanneem’ deur vir ’n spesifieke kind te bid sal ons dit baie waardeer,
dit maak ’n groot verskil in hulle lewens, selfs al weet hulle nie daarvan nie.
As julle bereid is, sal ons meer inligting ivm die kind gee en indien jul wil
kan jul ook vir hulle boodskappe stuur wat ons vir hulle kan gee. Reageer asseblief met 'n opmerking - sien skakel hieronder.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking