Kensanne is nog
in die hospitaal en waterpokkies is oral tussen veral die kleiner kinders. Daar
is ook opgooiery en diaree by die babas.
Hier is heelwat besoekers, maar die ‘Baby House’ en ‘Nursery’ is in
afsondering, hulle mag nie by die babas en kleinkindertjies kom nie, dis om te voorkom
dat dit verder versprei en veral die HIV kinders te probeer beskerm. Daar is
ook ander kinders wat baie siek is en ons bid voortdurend vir hulle.
Die ‘missionary’
wat laas jaar in Oktober getroud is en haar Mosambiekse man, is terug nadat
hulle ’n tyd lank in Oos Londen gewerk en opleiding gedoen het. Hulle wil
spesifiek vir die kinders help. Hulle beplan om ’n program van berading,
begeleiding, gebed en dissipelskap met die kinders te doen. Hulle praat veral
met kinders wat sosiale- en gedragsprobleme het. Daar is ’n leemte op die
gebiede en ons bid dat hulle met sy Mosabiekse agtergrond, beter begrip sal hê
en so van groot hulp sal kan wees. Donderdag oggend ry ons saam met ’n ander paartjie
Suid Afrika toe. Daar is ’n klomp goed wat gedoen moet word. Ons moet na die Mosambiek
se konsulaat in Nelspruit toe gaan om verblyf permitte te probeer kry. Die plan
is ook om die paartjie Wildtuin toe te neem, hulle was al 4 of 5 keer saam met
ons uit, maar nog nooit in die wildtuin nie. Ons is baie geseën met baie diere
en sien al die groot 5 behalwe ’n luiperd, maar sien darem jagluiperde en hiënas.
Die enigste rus was Sondag.