Maandag en
Dinsdag is die groot opruim en wegpak en skoonmaak na kinderdag. Daar is ook
broeke wat korter en die bene wat nouer gewerk moet word. Ons eie goed kry ook
die nodige aandag nadat dit ’n ruk lank met tweede plek te vrede moes wees. Die
Dinsdagmiddag se program met die kinders was vir ten minste een ’n deurbraak.
Ons doen somme met ’n legkaart. Alta verduidelik en hulle wil kortpad vat en opgee maar sy sê nee, doen dit reg. Hulle
kry koeldrank doppies om die tellery te doen, vir een het die doppies nie
gewerk nie. Alta het eers nie verstaan wat aangaan nie, want hy duik kort-kort
onder die tafel in, maar vir hom het sy vingers en tone beter gewerk en toe
die verstaan kom, blom die gesiggie.
Woensdagoggend
word Alta gevra om een van die sendelinge na die Trauma Sentrum toe te neem,
dit lyk of sy met nierstene sukkel en verduur baie pyn. Die hele dag word daar
gespandeer van 9uur die oggend tot 8uur die aand en sy nog steeds pyn gehad.
Ons was ook genooi vir die middag na ’n verjaarsdagviering van die sendeling
wat in die gemeenskap woon se huis. Alta mis dié met die hospitaal storie, maar
Petrus verteenwoordig ons en kry sy sny koek. Home group is ’n film van ’n ware
verhaal van vergiffenis, ‘Railway Man’
Woensdagmiddag
begin die rekenaarnetwerk probleme gee en Petrus sukkel 2 dae om dit weer
behoorlik te laat werk.
Saterdagoggend
kry Alta uit eindelik tyd om die vensters en die deur se roeskolle te verf,
maar die witverf is toe blou. Maar die
deur kry toe eerste kans om ’n laag ligbruin verf te kry. Teen 5uur is die
meeste geverf en dit moet eers oorstaan tot Maandag vir die tweede laag. ’n
Besoekende span reël ’n spelletjiesaand
vir die sendelinge Saterdagaand. Ons geniet dit en lag lekker
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking