Dis ’n bedrywige
week, met die internet wat nie lekker werk nie en voorbereidings om die
sokkerwêreldbekker opgestel te kry sodat die kinders die sokker op die grootskerm
in die saal te kan kyk.
Kensanne, die
Downsindroom dogterjie wat laas jaar die hartoperasie gehad het, het
longontstekking en is in die hospitaal. Sy is baie swak en ons bid vir haar om
gesond te word en goeie behandeling te kry. Almal se vriende, ondersteuners en
familie bid saam.
Sommige van die
kinders is erg opstroppelis en hou ons en die ‘educators’ besig. Bid asseblief
vir insig en wysheid om hulle so te hanteer, dat hulle wyser uit die situasie
sal kom.
Alta neem die
nuutse sendelinggesin om ’n paar inkopies te gaan doen. Hulle kom van Noorweë
met ’n dogterjie wat pas 2 geword het en ’n seuntjie van 7maande. Inkopies met
die bus en twee klein kindertjies met net 1uur tyd in die winkels, is ’n
uitdaging op sy eie, wat nog van taal en goed wat onbekend is en etikette wat
alles eers gelees moet word in ’n ander taal as jou moedertaal.
Woensdagoggend
kom Alta toe eindelik 11uur by die verf uit en laat die laaste venster oorstaan
vir Saterdag. By Home Groep praat ons oor vergiffenis en hoe dit in
verskillende kulture werk, met arbiters of nie. Een van die Mosambiekers vertel
toe dat daar baie moeilike situasies is, wat hulle ondervind met
voorvadergeeste en bindings. Hy vertel dat as die ouers op ’n stadium nie skuld
kon betaal nie, ’n dogter as bruid belowe word en dat sy nooit daarvan weet
nie. As sy dan trou werk die huwelik nie, omdat daar ’n spirituele huwelik was,
wat dan probleme gee. Laat mens wonder wat alles oor die kinders is, waarvan
ons geen benul het nie en wat die invloede daarvan is.
Donderdagaand na
kerk begin die sokker en ons kyk die openingserimonie en die wedstryd tussen
Brasil en Cameroen? Dis koud in die saal en kom laat in die bed, eers na 00:30.
Vrydagaand begin die sokker vroeër en hou darem ook vroeër op.
Saterdagoggend is
dit skoonmaak van die tuin en huis. Sondag is die ete vir die borge en die
studente, wat hulle ondersteun en ons tuin en huis is die plek waar dit alles
gebeur. Die kombuis het kos gemaak en ons het ’n slaai gemaak, tafels gedek en
bedien en skottelgoed gewas. Daar bly baie kos oor veral vleis (hoender) en ons
nooi al die sendelinge om Sondagaand te kom help minder te maak. Dis ’n
heerlike kuier met net enkles wat nie kon kom nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking