Verdere inligting oor die kinders:
Casimiro is redelik rustig en vriendelike seun, hy hou daarvan om boeke
deur te blaai en is een van die eerstes om besoekers aan te hang, hy stel veral
belang in hul kameras, selfone en rekenaars. Hy het ook ’n broer hier in die
sentrum.
Shelton is bietjie wispelturig, een oomblik vriendelik en net die volgende
is hy moeilik en onhanteerbaar. Hy kan ook heel dierbaar wees. Sy ouma besoek
hom en sy suster gereeld, beide sy ouers is dood en die ouma sorg vir al haar
kinders se kinders, maar kon nie met die twee jongstes se gesondheids probleme
by hou nie.
Paulo is die moeiliker een van die groepie, hy hou meer daarvan om op sy
eie te speel en trek gou terug, maar sal uit die bloute opdaag by die huis, of
as ons by hom verby loop, kom hy en gee ons ’n drukkie.
Dit dan die seuns en ons sal dit waardeer indien julle bereid sal wees om
gereeld vir een te bid.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking