Donderdag 07 Februarie 2013

4 tot 7 Februarie 2013


Maandag was ’n vakansiedag maar ons was besig met ’n paar dinge, Alta was hierdie naweek sowel Maandag aandiens by die baba’s. Petrus het begin om die gordynhangers te maak vir die res van die kamers by camerada 4, maar kort ‘cutting disks’ wat komende naweek in SA gekoop sal word.
Dinsdag is Alta saam om voorraad te gaan koop vir die baba’s(Nursery).
Woensdag het Alta vergadering oor die baba’s(Nursery) en Petrus met die Bestuurder van die voertuig afdeling waar hulle probleme en nuwe stelsel bespreek. Dit is nogal moeilik om 'n vergadering te hou deur 'n tolk. Petrus se vergadering duur 2 ure. Daar moet ook nog aankope vir die baba’s gedoen word en die tyd is te min. Ons ry om die aankope te doen nadat die seuns hier was, net  3 het opgedaag, hier is 18 Amerikaanse besoekers en hulle bederf erg. Ons het Woensdagaand ’n braaivleis en kuieraand met die sendelinge. Dit is heerlik en gesellig. Hulle skeergek met mekaar, Switsers met hul Swiss knife en Amerikaners met Amerika se Leaterman knife weergawe van so ’n mes. Tongknoppers van verskillende tale word ook op mekaar uitgetoes. Ons leer hulle Afrikaans, party kom nog al goed reg met die uitsprake. Ons voel bietjie minder vreemd en meer deel van alles.
Donderdag het Petrus ’n vergadering met die bestuurders van die voertuie om die veranderinge deur te gee en uit besware wat geopper word, is dit duidelik dat hulle op die regte pad is om onwettig gebruik van die voertuie te beperk en petrolbedrog te keer.
Vrydag moet ons weer deurgaan SA toe vir almal se voorgeskrewe medisyne en beplan om Maandag vroeg terug te kom.

2 opmerkings:

  1. Ek is bly jul voel al meer gemaklik, ek dink my geduld sal opraak in sulke omstandighede! Gaan jul in Middelburg 'n draai kom maak? Lief vir jul en bid vir jul. Liefde Samantha

    AntwoordVee uit
  2. Dankie meisiekind, nee ons was net vir die naweek weg en dit is 'n bietjie ver Middelburg toe, maar ons sal laat weet wanneer ons weer in daardie rigting kom

    AntwoordVee uit